Denel Rooivalk

Denel Rooivalk
'n Rooivalk AH-2 in 2006
Tipe aanvalshelikopter
Vervaardiger Denel Aviation
Ontwerp deur Atlas Vliegtuigkorporasie
Nooiensvlug 15 Januarie 1990
Bekendstelling 1 April 2011
Status In gebruik
Hoofgebruiker Suid-Afrikaanse Lugmag
Vervaardig 1990-2007
Aantal gebou 12
Eenheidskoste $40 miljoen[1] (2007, geskat)
Ontwikkel van Aérospatiale Puma
Atlas Oryx

Die Denel Lugvaart AH-2 Rooivalk is 'n moderne, Suid-Afrikaans-ontwerpte aanvalshelikopter wat van 1990 tot 2007 deur Denel Aviation in Suid-Afrika vervaardig is. Die Atlas Vliegtuigkorporasie het in 1984 met ontwikkeling van die tipe begin, en die ontwikkeling daarvan is nou verbonde aan die Atlas Oryx-transporthelikopter. Albei vliegtuie is gebaseer op die Aérospatiale SA 330 Puma; hulle is terselfdertyd ontwikkel.

Die ontwikkeling van die Rooivalk is vertraag as gevolg van die impak van beperkte befondsing gedurende die negentigerjare, en 'n begeerte om 'n hoogsgevorderde aanvalshelikopter te produseer.

Die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) het destyds 12 Rooivalk AH-2As bestel waarvan die eerste in April 2011 operasioneel in diens geneem is. Die helikopters se tuisbasis is 16 Eskader by die Lugmagbasis Bloemspruit in Bloemfontein. Die Rooivalk word aangedryf deur twee Turbomeca Makila 1K2 turbo-as motore, 'n variant van die turboskroef.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named rooivalk?

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search